Your Recipe Blog

KAAS- EN SPEKMAALVLEISROL

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute | Servings: 6 porsies

KAAS- EN SPEKMAALVLEISROL

  • 1 kg beesmaalvleis
  • 250 g spek, in stukkies gesny en gaargemaak
  • kaas, gerasper of in skywe gesny
  • salami, ham of kouevleis van u keuse
  • uie skywe
  • tamatie skywe
  • gemengde kruie
  • sout en gemaalde swartpeper na smaak

Voer ‘n plat oondpannetjie uit met kleefplastiek.
Druk die maalvleis eweredig vas bo op die kleefplastiek.
Voeg die gebakte spek stukkies bo op die maalvleis gevolg deur die kaas, die salami of kouevleis van keuse, die uie en laastens die tamatieskywe.
Geur met sout, peper en gemengde kruie na smaak.
Rol die vleisrol versigtig op en verwyder die kleefplastiek soos die rol opgerol word.
Bak die vleisrol in ‘n oondvaste bak of oondpan by ‘n voorafverhitte oond by 180°C vir 40 – 45 minute.

Resep en fotos: Jolene Olivier Lakay

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page