KAAS- EN SPEKBROOD
Resep geplaas en foto: Rina Kleinhans
2de foto: Hardus Van Der Hyde
’n Lekker souterige brood wat geen botter of vulsel nodig het nie; sny dit net en pak in jou kosblik.
- 310 ml (1¼ koppie) koekmeel
- 5 ml (1 teelepel) bakpoeier
- 4 sprietuie, fyngekap
- 350 g cheddarkaas, gerasper
- 125 g spek, gekap
- 4 eiers
- sout en peper
- 10 ml (2 teelepels) soetrissiesous
- 5 ml (1 teelepel) olie
- 60 ml (¼ koppie) karringmelk
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpannetjie met olie.
- Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
- Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak.
- Giet in die meelmengsel en meng goed.
- Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n toetspen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
- Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.
- Nota: Hardus Van Der Hyde — Dit het baie lekker uitgekom. Het dit sommer in muffin pan gemaak – Ja met ‘n koue hoender vulsel. Soos oom Gideon sal sê dit was djeerlik!!!
Category:













