Your Recipe Blog

KAAS EN SPEK BRAAI BROODJIE

KAAS EN SPEK BRAAI BROODJIE

  • Hoeveelhede hang af hoeveel broodjies jy wil maak:
  • gerasperde kaas
  • repies spek (streaky bacon)
  • gesnyde witbrood
  • italiaanse kruie
  • uie in dun repies gesny

Botter soveel snye brood as wat jy gaan nodig hê liggies aan albei kante.
Bestrooi goed met die italiaanse kruie en pak die uie bo op.
Gevolg met ‘n goeie hand vol kaas. Plaas nog ‘n sny brood bo-op sodat dit ‘n toebrooitjie maak.
Neem nou jou spek en lê so 4 repies langs mekaar, sit die toebrooitjie op die spek en vou die punte wat uitsteek oor. Pak weer so 4 repies langs mekaar en draai die brooitjie om en vou toe met die spek, sodat die hele broodjie bedek is met die spek.
Braai op die kole tot die spek lekker bruin is.

Resep en foto:  Ilona Turner

 

Foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5