Your Recipe Blog

KAAS- EN KNOFFELBROODJIES

Recipe by
Cook: 25-30 minute | Servings: 8-10

KAAS EN KNOFFELBROODJIES

Hierdie resep kan ook suksesvol in muffinpanne gebak word.

  • 50 g botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g gerasperde Cheddar kaas
  • 300 g koekmeel
  • 1 ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1 ekstragroot eier
  • 1 koppie melk
  • ¼ koppie ongegeurde jogurt
  • 85 ml kookolie (nie olyfolie nie)
  • ¼ koppie varsgekapte pietersielie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smelt die botter en knoffel effens in die mikrogolf.
Smeer mini broodpannetjies met die knoffelbotter en hou eenkant. Hou bietjie van die botter oor om later bo-oor die broodjies te smeer.
Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groterige bak.
Klits die nat bestanddele asook pietersielie en fyngekapte knoffel saam in ‘n aparte bak.
Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die nat mengsel by.
Meng die bestanddele liggies saam tot net gebind.
Voeg die gerasperde kaas by en roer weer liggies in (baie belangrik moet nie die deeg te veel meng nie).
Verdeel die beslag russen die pannetjies – genoeg vir ongeveer 8 – 10 broodjies.
Bak vir ongeveer 25 – 30 minute totdat die korsie mooi goudbruin is.
Laat klein bietjie afkoel, haal die broodjies uit en smeer die oorblywende knoffelbotter bo-oor.

Resep getoets en foto’s: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page