Your Recipe Blog

KAAS EN HAMTERT

KAAS EN HAMTERT

Foto: Madeleine Walters Bester
Hier is my weergawe van die Ham en Kaas tert. Kan nie sonder my olywe en tamatie garnering nie. Dit was baie lekker.

  • 30 ml botter
  • 30 ml koekmeel
  • 10 ml gegeurde seesout
  • ‘n knippie rooipeper
  • 5 ml droë mosterd
  • 375 ml karringmelk
  • 250 g ham, of weense worsies in dun repies
  • 250 ml cheddar kaas, grof gerasper
  • 30 ml fyn gekapte pietersielie
  • 3 eiers, geklits
  • skilferkors deeg
  • Enige tuisgemaakte pasteideeg werk ook goed.
  • Voorverhit die oond op 180 ºC
  • Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 ºC indien jy tuigemaakte deeg gebruik.
  • Indien gekoopte skilferkors deeg gebruik word is dit nie nodig om die deeg vooraf te bak nie.
  • Plaas die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd in ‘n pot op die stoof en meng oor lae hitte.
  • Roer die karringmelk by en meng tot glad. Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte.
  • Laat effens afkoel. Roer die ander bestanddele by.
  • Skep die vulsel in die voorbereide pasteikors.
  • Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page