JUWELE MOUSSE
- Basisresep:
- ½ blik kondensmelk
- 2 suurlemoene se sap
- ½ suurlemoen se fyngerasperde skil
- 1 koppie room styfgeklits
- 200 g fyn tennisbeskuitjies of enige ander koekies fyngemaak
Meng die kondensmelk, suurlemoensap en skil goed met mekaar.
Klits room styf en roer die kondensmelkmengsel daarby in.
Voeg die fyngemaakte beskuitjies by.
Hierdie is jou basisresep.
Jy kan bysit wat jy wil, kersies, bessies, wit sjokolade-ganache, blueberry gel, fudge en klapperys. Gekapte neute en gekristalliseerde gemmer. Sjokolade splinters.
Pak in ‘n mooi bak in lae soos verkies.
Verkoel vir so 3 ure. Bedien.
Resep en foto: Frikkie Jones