JUNE SE EENPANKOS
- 1 kg vetkoek deeg (uitgerol so lank soos ‘n oondpan)
- 1 groen soetrissie
- 1 rooi soetrissie
- 500 g kaaswors
- 350 g gekapte sampioene
- 1 ui, gekerf en gebraai
- ham na smaak
- knoffel na smaak
- kaas om bo-oor te sprinkel
Voorverhit oond op 180°C.
Plaas kaas wors op deeg en rol toe soos ‘n “swiss rol”.
Sny die deeg in repe maar nie heeltemal deur nie, vou elke skyf uit na die kante, een links en 1 regs, draai uit/om sodat die worsdele na bo lê, sit eenkant neer om te rys.
As die deeg mooi om die wors gerys is, plaas die gekapte sampioene, groen en rooi soetrissies, gebraaide uie, ham, knoffel en genoeg kaas bo-op en bak in die oond vir 45 min of tot deeg mooi gaar is.
Enjoy
Resep en fotos: June Schutte