Your Recipe Blog

JUDY SE MELKSNYSELS

JUDY SE MELKSNYSELS

  • 2 ½ koppies koekmeel
  • 2 hoogvol teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 groot eetlepels margarien
  • 4 liter melk
  • bietjie water vir meng

Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Vryf die botter in droë bestanddele in. Meng klein bietjies water by om deeg te vorm. Strooi baie meel op oppervlak en rol deeg uit. Gooi gereeld nog meel en sny baie dun snysels.
Verhit melk baie stadig met kaneelstokkie in. As dit begin kook gooi snysels in en kook tot gaar.
Ek gooi dan alles in slow cooker op low vir 3 – 4 ure.
Skep in bakkie en strooi kaneelsuiker oor.
Geniet.

Nota:
Jy kan ook die snysels in roomys bak vries voor dit gaargemaak word. Strooi baie meel tussen-in sodat dit nie aanmekaar vassit nie.

Foto en resep: Judy Bester

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page