Your Recipe Blog

JUANRI SE LEMOENHOENDERSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute | Servings: 4 porsies

JUANRI SE LEMOENHOENDERSOUS

(Maak 650 ml sous)

  • 10 opgehoopte eetlepels tangy mayonnaise
  • 15 opgehoopte eetlepels ektra warm blatjang
  • 12 eetlepels 100% lemoensap (nie fruit blend mix nie, moet net lemoensap wees)
  • 1 eetlepel Worcestershire sous
  • 8 stukkies hoender
  • 4 aartappels, in lengte deur gesny

Kook die aartappels en hoender vooraf tot sag.
Plaas die hoender en aartappels in ‘n ronde glas bak met ‘n deksel op.
Strooi sout, peper en hoender speserye oor.
Skep die sous oor en meng goed met die hoender en aartappels.
Plaas in oond vir 20-25 minute op 200 ºC, die sous moet kook.
Draai hoender en aartappels om tussenin.
Geniet dit saam op rys en groente van jou keuse.

Resep en foto:  Juanri Van Der Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page