JOYCE SE OONPAN LASAGNE
Resep: Joyce Woodley
Foto: Wian Swart
‘n Italiaanse vriend het vir my gese’ dit smaak soos sy ouma dit gemaak het.
Nota: Rina Kleinhans
Pak jou lasagne lae lank voor die tyd, en bak net voor bedien, dan raak die lasagne velle lekker sag en die geure trou lekker.
- 25 ml olie
- 1 kg maalvleis
- 2 koppies gekapte uie
- 5 koppies gerasperde wortels
- 1 koppie hoenderaftreksel
- 410 g tamatie puree
- 1 pakkie beesstert soppoeier
- 1 koppie kookwater
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel oregano
- 1 teelepel gemengde kruie
- 1 teelepel paprika
- 2 teelepel sout
- 6 lourierblare
- 1 teelepel tabasco
- Verbruin maalvleis in die olie.
- Voeg uie en wortel by en roerbraai vir ‘n paar minute.
- Voeg res van bestanddele by – roer goed – laat prut vir 1 uur.
- Sous:
- 3 koppies melk
- 50 g margarien
- 75 ml koekmeel
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- sout (so kwart teelepel)
- rooipeper na smaak
- Smelt margarien in ‘n pot.
- Voeg meel en soppoeier by en roer goed.
- Roer melk so half koppie op ‘n slag by – roer goed.
- Voeg res van melk by en roer tot dit kook en verdik.
- 500 g lasagna velle
- 2 koppies gerasperde kaas
- Sit bietjie vleismengsel in ‘n oondpan, dan lasagna velle, dan witsous, dan kaas.
- Herhaal lae tot alles op is – eindig met kaaslaag.
- Bak vir 20 min teen 180ºC of tot die velle sag is.
- Nota: Wian Swart – 1 kp water met rooi wyn vervang.
Category:

