JOSÉ’ SE SUURKOOL
Sauerkraut die lang manier, maar heerlik.
- kool
- sout
- knoffel, rissie, gemmer, of na smaak
Weeg die kool en maak ‘n nota.
Haal 2 buiteblare heel af en hou eenkant.
Sny kool in baie dun repies in groot mengbak.
Voeg 2% sout van kool se gewig by.
Knie tot water uit kool loop as jy dit uit bak lig (ongeveer 10 minute).
Sny knoffel, rissies, gemmer of watter vars kruie/speserye jy verkies en meng saam met die kool.
Skepdie koolmengsel in ‘n glashouer met groot bek en draad clip, druk goed vas om lug uit te kry en voeg al die kool water by.
Sit die heel blare as lagie oor en dan plat klip/pe. Alle kool moet onder die vog wees.
Merk met die datum van maak en ook oor 14 dae as hy reg is vir yskas, anders gaan jy vergeet.
Noteer ook watse kruie jy bygesit het en probeer volgende keer iets anders.
Sit op warm plek in huis maar nie in son.
Nota:
Burp die fles die eerste drie dae om te verhoed dat bottel ontplof.
Die kool is reg na ±14 dae dan moet hy yskas toe.
Resep en foto: Jose Ferreira