JOLETTA SE KERRIEHOENDER
Hierdie resep het ek by my vriendin Joletta gekry. Een van haar Indier vriende maak sy kerrie so. Dit is ongelooflik geurig en lok altyd komplimente uit.
- 1 groot ui, fyngekap
- olyfolie
- 5 knoffelhuisies, gesnipper
- klein stukkie vars gemmer, gerasper
- 1 eetlepel Mehran Chicken Masala of enige lekker SA kerriepoeier
- bietjie borrie vir kleur
- ¼ koppie asyn
- aartappel blokkies, nie te klein
- sout na smaak
- 1 blokkie groente/hoender ekstrak
- ½ koppie kookwater
- mespunt rissie pasta, opsioneel
- 500 g hoenderfilette, in stroke gesny
- Maizena, indien nodig
- ½ blik heel tamaties met sous
- ½ koppie klappermelk/room
- vars koljanderblare, na smaak en opgekap
- dik room, opsioneel
- sampioene, gesny, opsioneel
Braai die opgekapte uie in genoeg olyfolie in ‘n diep pan of pot met ‘n deksel.
Voeg knoffel en gemmer by en braai tot ligbruin.
Meng Masala, borrie en asyn goed met uiemengsel in die pan. Voeg aartappel blokkies by en kook halfgaar.
Voeg hoender/groente blokkie by ½ koppie kookwater en roer in by die hoendermengsel.
Meng ‘n mespunt rissiepasta deur indien verkies.
Sny die heel tamaties met sous en al daarby en prut tot sag.
Voeg nou die hoenderstukkies by. Maak toe en laat liggies kook tot hoender gaar. Moenie laat droogkook, hou sappig.
Indien mens die sous dikker wil he, meng bietjie Maizena met bietjie water en meng deur die sous. Laat net goed deurkook.
Meng klappermelk/room by hoender in ‘n rukkie voor opdiening.
Nota:
Gesnipperde sampioene kan bygevoeg word.
Kap vars koljanderblare na smaak by en dien op met Basmati rys.
‘n Paar lepels dik room kan ingeroer word vir gladde tekstuur.
Resep geplaas deur: Adri Malan
Foto: Rina Kleinhans – Ek het die resep gemaak met boudjies en dytjies. Ek het die aartappels eers later ingesit, nadat ek die hoender bietjie gebraai het in die kerriemengsel en die hoenderblokkie bygesit het. Die stukke laat kook/braai het tot hulle amper gaar was. Toe die aartappels bygesit en die res en rustig laat kook. Ek het ook sampioene bygesit. Ek sal dit beslis weer maak.