Your Recipe Blog

JOHANNA SE KARRINGMELKBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

JOHANNA SE KARRINGMELKBESKUIT

Elsabie Templeton – Ek kan die resep beslis aanbeveel! Myne nou in die oond besig om uit te droog. Dis net so heerlik nat!! en vir die wat dit in ‘n oondpan wil bak dis genoeg deeg vir ‘n 36 x 27 x 5 cm pan.

  • 6 koppies koekmeel
  • 6 hoogvol teelepels bakpoeier
  • 2 koppies suiker
  • 250 g margarien
  • 500 ml karringmelk
  • 2 eiers
  • knippie sout

Meng droë bestanddele en vryf die margarien in die meelmengsel in.
Meng eiers en karringmelk saam en voeg by meelmengsel.
Knie liggies en sit in die voorbereide panne.

Nota:
Hierdie resep werk vir die panne met die drukkers of mens kan bolletjies maak.
Bak vir 1 uur teen 180 ºC.
Droog uit soos verkies.

Resep:  Johan Coetzee
Foto:  Ingrid Mouton
Kommentaar en 2de foto: Teresa Louw
Ons karringmelk is 600 ml so ek kan speel met ander bestanddele.
Foto aan regterkant- ek het so 3 eetlepels anys en 1 koppie semels bygesit. ½ koppie suiker weg gevat.
Foto aan linkerkant – ek het so 1 koppie semels, ½ koppie korente, ½ koppie “fruit peel”, ½ koppie “shredded coconut” bygesit en ook ‘n ½ koppie suiker weg gevat.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page