Your Recipe Blog

JOHANN SE HOENDER- EN RYSGEBAK

JOHANN SE HOENDER- EN RYSGEBAK

My eie resep.

  • 8 hoenderstukke
  • 30 ml olyfolie
  • 2 eetlepels botter
  • 1 koppie gemengde groente van jou keuse
  • 2 koppies rys
  • 1 koppie droë witwyn
  • 1 eetlepel speserye vir rys
  • 1 teelepel knoffel
  • 1 teelepel knoffel en kruiespeserye
  • 3 takkies tiemie
  • sout en swartpeper
  • 750 ml warmwater

Verhit die olie en braai die hoender bruin met sout en peper.
Verwyder van pan en hou eenkant.
In dieselfde pot/pan voeg die botter, tiemie en knoffel by en braai uie tot sag.
Voeg die rou rys by en braai ‘n paar minute deur.
Voeg die witwyn, knoffel en kruiespeserye en die rysspeserye by.
Plaas die groente op die rys.
Plaas die hoender terug en giet water oor.
Bedek en bak in warm oond by 180°C tot water geabsorbeer is en die rys en hoender gaar is.
Bak laaste 10 minute sonder deksel.

Resep en foto: Johann Van Vuuren

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page