Your Recipe Blog

JOHAN SE @TITUDE MONKEYGLAND SOUS

JOHAN SE @TITUDE MONKEYGLAND SOUS

  • 3 middelslag uie
  • 30 ml olie
  • 60 ml All Gold tamatiesous
  • 30 ml Worcestersous
  • 30 ml asyn (wit of swart)
  • 30 ml geelsuiker
  • 15 ml heuning
  • 30 ml Mrs Balls blatjang
  • sout en peper na smaak

Kerf uie en braai tot bruin in olie.
Voeg res van bestanddele by en bring tot kook.
Verminder hitte en laat prut vir 5 min, roer kort kort.
Bottel warm vir latere gebruik of gooi dadelik oor jou steak.
Ook baie lekker in roerbraai of enige iets anders geniet

Resep en foto: Johan Coetzee

Mariette Heydenrych-Kotze:
Marineer jou hoender met hierdie monkeygland, kook so paar minute in sous, voor jy dit op die kole braai, vingerlek lekker.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page