Your Recipe Blog

JOHAN SE SOSATIE MARINADE

JOHAN SE SOSATIE MARINADE

  • 2 kg vleis, in blokkies gesny
  • 10 groot uie, in ringe gesny
  • 60 ml kerrie
  • 60 ml borrie
  • 360 ml suiker
  • 60 ml Maizena
  • 1.5 liter asyn
  • 5 ml sout
  • 2.5 ml peper
  • 250 ml heuning
  • 1 fyngekapte steranys kan ook bygevoeg word
  • Ekstra:
  • 2 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel blatjang

Bedek die uie met kookwater en  kook vir 1 minuut.
Gooi water af en braai die uie in olie tot glanserig.
Sit 1 koppie water by die uie en kook tot sag.
Meng alle bestanddele saam buiten die vleis, meng by uie in en kook 10 minute.
Haal van die stoof af en voeg die appelkooskonfyt en blatjang by.
Marineer vleis blokkies vir 24 uur en ryg op stokkies.

Nota:
Ek sit ook soetrissie, uie en blokkies spek in as ek dit op die stokkie ryg.
Kan in bakkies verpak word met van die marinade oor die sosaties, indien verkies.

Resep en foto: Johan Du Preez Snr

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page