JOHAN SE DURKY SOUS
Goeie middag vriende ek wil graag die resep met julle deel, jy kan dit saam met enige kos geniet.
Dit is ‘n wenner.
- 3 pakkies x 7 g “Crushed chilli’s”, met voedselverwerker fyner geslaan
- 20 ml baie fyn gekerfde uie
- 15 ml fyn knoffel vlokkies
- 50 ml bruinsuiker
- 7.5 ml sout
- 5 ml paprika
- 7.5 ml mielieblom
- 300 ml water
- 200 ml wit asyn
- 2.5 ml olyf olie
Meng al die bestanddele saam in ‘n pot, roer en bring tot kook sodat suiker oplos.
Laat prut vir 10 minute op lae hitte.
Laat afkoel en bottel.
Geniet dit.
Resep en foto: Johan Coetzee