Your Recipe Blog

JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”

As jy nie weet wat om nou te doen met die ribbes nie, maak so. Sappige “Spare-ribs” vir Vlakvark, Bosvark, Plaasvark, Skaap of Bees.

  • 1 tot 2 kg ribbietjies
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 1 knoffeltoontjie
  • 6 peperkorrels
  • 3 lourierblare “ bay-leaves”
  • Vir die sous:
  • 150 ml tamatiesous
  • 75 ml blatjang
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffeltoontjie, fyn gedruk
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 2 ml basiliekruid
  • 50 ml asyn
  • 50 ml bruinsuiker
  • 12.5 ml Worcestersous
  • 1 ml Tabascosous
  • 12.5 ml Soyasous
  • 75 ml heuning
  • 50 ml fyn appelkooskonfyt

Plaas die ribbietjies, uie, knoffel en lourierbare in ‘n kastrol. Bedek met water en kook vir 40 tot 50 minuute of tot ribbietjies sag is. Giet water af. ( Of vang spoed met ‘n stoompot )

Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n pan, kook oor lae hitte vir 10 min.

Plaas die ribbietjies in ‘n oondpan. Bedek met die sous en bak teen 180ºC vir 30 – 40 min.
Draai gereeld om en bedruip met die sous in die pan. Bak totdat dit krakerig vertoon.
Hou dit net gereeld dop, dit brand maklik.
Giet die oorblywende sous in die pan in ‘n bakkie en die wat nog meer sous wil hê, skep maar op.
Dit werk net so lekker op die kole.

Bedien saam met ‘n klam lap of lek jou vingers af.

Resep en foto: Johan du Preez Snr

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page