JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)
Kleurvol en maklik ☆
- 1 liter jogurt van jou keuse
- 1 blikkie kondensmelk
- Tenniskoekies en gesmelte botter om te meng
- Opsioneel:
- Meng 10 ml gelatien aangemaak met bietjie warm water en afgekoel by jou mengsel in net om te verseker dit stol perfek… regtig jou keuse
Krummel die koekies en meng met botter – druk vas onder in ‘n mikrogolf bak.
Meng die jogurt en kondensmelk (en gelatien indien jy dit gebruik). Gooi die mengsel op die koekies in die bak.
Sit in die mikrogolf vir 4 minute in siedaar!
Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en sit in die yskas totdat dit lekker koud is en geniet.
NOG ‘N PAAR IDEES
Rina Kleinhans:
Laat die tert goed stol.
Maak ‘n pakkie jellie aan met 100 ml warm water en 100 ml koue water. Pak dan die vrugte van jou keuse wat pas by die jogurt en jellie in ‘n elke laag op die tert en gooi die jellie ‘n dun lagie bo-op dat die vrugte net toe is. Laat stol in die yskas.
Hettie Coetzee:
I have made 4 different flavours and have found that ‘double cream Greek smooth yoghurt’ tastes the most like ‘cheese cake’ the flavoured yoghurt takes like yoghurt, I used a dish as big as my large supper plate (then 1 litre is good) and 2 packets of biscuits give a nice thick crust! Also found 4 min not sufficient. Rather microwave for 6 min. It is so easy… that even I can manage.
Marietjie Nel:
Ek het Perske jelly aangemaak met halwe koppie kookwater en halwe koppie kouewater en houertjie granadilla pulp ingemeng – dis heerlik – mens moet dit net oornag laat stol.
Sonja Young:
Ek het die resep gemaak met die Double Cream Chocolate Yogurt (Bliss) – ek sal nooit weer ‘n ander jogurt gebruik nie. Dit het glad nie na jogurt gesmaak nie en dit was heerlik!!! Glad nie so soet soos die ander jogurts nie!!
Ek het dit vir 4:30 min in die mikrogolf gesit.
Ek het nadat dit afgekoel het, geklopte room oorgesit en daarna gerasperde sjokolade oorgesprinkel!
Foto: Cecilia Richards
Ek gebruik die double cream of net plain yoghurt met so paar druppels suurlemoensap en 1 houertjie creamcheese (plain smooth) by. Meeste mense dink ek het dit laat maak of gekoop by Woolies… heerlik!