Your Recipe Blog

JOGURT SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 30 - 35 min

JOGURT SJOKOLADEKOEK

  • 200 g donker sjokolade, in stukke gebreek
  • 180 ml margarien, by kamertemperatuur
  • 300 ml ligte bruinsuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 3 eiers
  • 180 ml natuurlike jogurt
  • 450 ml bruismeel
  • Versiersel:
  • 125 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
  • 60 ml margarien
  • 560 ml versiersuiker, gesif
  • 90 ml natuurlike jogurt

Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n reghoekige pan, 26 x 36 cm, en voer uit met bakpapier.
Smelt die sjokolade op die stoof of in die mikrogolfoond. (pasop vir oorverhit)
Verroom die botter en suiker tot romerig.
Voeg die vanilla geursel by.
Klits die eiers een vir een by en klits deeglik.
Sif ‘n skeppie bruismeel oor.
Roer die gesmelte sjokolade asook die jogurt alternatiewelik by die mengsel in.
Roer tot net gemeng.
Sif die res van die bruismeel by en meng by die mengsel in.
Giet in die voorbereide pan en bak 30 – 35 min lank.
Laat afkoel in die pan.
Keer uit.
Smelt die sjokolade vir versiersel.
Klits dit dan saam met die margarine, jogurt en versiersuiker.
Smeer oor die koek en sny in blokkies.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page