JOGURT KRUMMELHOENDER
- 125 ml suurlemoensap
- 45 ml heuning
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1 kg hoenderporsies
- sout en vars gemaalde swartpeper
- 90 ml natuurlike jogurt
- 200 ml droë broodkrummels
- 200 ml fyngedrukte ontbytgraanvlokkies
- 40 ml gerasperde Parmesaankaas
Meng die suurlemoensap, heuning en knoffel.
Geur die hoenderporsies met sout en peper en plaas in ‘n nie-metaalagtige bak.
Giet die marinade oor, bedek en laat vir 2 ure marineer.
Draai hoenderporsies af en toe om in die marinade.
Voorverhit die oond tot 180 ºC en bespuit ‘n bakplaat met kleefwerende kossproei.
Verwyder die hoenderporsies uit die marinade en druk droog. Verf elke hoenderstukkie deeglik met jogurt.
Meng die broodkrummels, fyngedrukte ontbytgraanvlokkies en Parmesaankaas en rol die hoenderporsies daarin totdat dit deeglik bedek is.
Rangskik die porsies op ‘n bakplaat, bedek met aluminiumfoelie en bak 40 minute lank.
Verwyder die foeliebedekking en bak nog sowat 20 minute tot goudbruin en gaar.
Resep en foto’s: Amanda Austen