JOGURT IN DIE PRUTPOT
Hallo almal. Ek het verskeie tuisgemaakte jogurt resepte beproef en hierdie een werk perfek vir my. Hier is ‘n wenresep! MAAK JOU EIE JOGURT IN N PRUTPOT. Nie almal werk nie. Gister die een gemaak en werk perfek. Bly net presies by die resep en moet niks roer voor jy nie aan die einde in houers skep. BLY BY DIE RESEP. Van die resepte wat ek getoets het, het misluk omdat hul soos die Kerk tannies wat resepte uitdeel nie al die GEHEIME gee nie. Hier is die grootste geheim: MOET NIKS ROER NIE!
- 2 liter melk
- 500 g Griekse jogurt
Stel prutpot op laag.
Plaas 2 liter melk in die prutpot en sit die deksel op.
Los melk in PRUTPOT op laag vir 2 ¾ uur.
Sit prutpot af. Trek sommer by die muurprop uit. So selfs wanneer jy die dag loadshedding het kan jy hom maak.
Laat staan die melk vir 3 ure in die prutpot.
Voeg die 500 g houertjie Griekse jogurt by die melk. Ek het by Woolies gekoop. MOENIE ROER NIE.
Los vir 10 ure en siedaar heerlike jogurt wanneer jy die pot oopmaak.
Nota:
Vanoggend my jogurt in houertjies geskep en in die yskas gepak.
Volgende keer gebruik en weer 500 g van my eie jogurt om weer 2 ½ liter te maak.
Jy kan dit geur soos verkies, sit jou vars vrugte fyn gekap of enige geursel of granadilla mousse by na smaak.
Lekker eet.
Resep en foto: Frans van Rensburg