JO-ANN SE KASERIGE AARTAPPEL BALLETJIES
Resep geplaas deur Jo-Ann Strauss-Jha
Foto: Jo-Ann Strauss-Jha
- Mengsel:
- 3 saggekookte aartappels
- 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
- ½ koppie opgekapte pietersielie
- 1 eier
- knippie knoffelsout
- peper na smaak
- Ekstra- meng saam:
- ½ koppie koekmeel
- paprika
- sout
- Maak die aartappels fyn.
- Voeg die res van die bestanddele by.
- Meng alles goed saam.
- Meng die koekmeel met ‘n bietjie sout en ‘n bietjie paprika.
- Maak bolletjies van die aartappelmengsel en rol in meelmengsel.
- Braai in diep olie tot goudbruin.
- Bedien met enige sous van jou keuse, ek het net bietjie sweet chillie sous met mayo gemeng.
- Nota: Rina Kleinhans
Om te verhoed dat hulle breek, sit in die vrieskas vir 20 min of maak baie goed koud voor jy hulle bak.

