JMé SE KOEK- EN KOLWYNTJIEVERSIERSEL
- 4 eetlepels wit margarien
- 250 g versiersuiker
- 5 ml vanillageursel
- 2 tot 4 eetlepels koue water
Klits margerien tot romerig. Mens moet dit regtig baie goed klits.
Voeg versiersuiker by en klits weer goed.
Voeg vanilla by en 15 ml water per keer, tot die versiersuiker die verlangde dikte bereik het.
Nota:
Om koek te smeer, voeg ek 2 tot 3 eetlepels water by en wanneer ek die versierbuis of -sak gebruik, gebruik ek bietjie minder water anders is die versiersel te dun en vorm dit nie mooi nie.
Resep en fotos: Jmé Alwyn Strydom