Your Recipe Blog

JELLIEVRYE KOEKSTRUIF (TRIFLE)

JELLIEVRYE KOEKSTRUIF (TRIFLE)

Ek maak myne net só, hou niks van die jellie trifle nie.

  • 1  rolkoek (swiss rol)
  • Sherry vir besprinkeling
  • 1 blik Caramel Treat, geroer
  • 1 boks Ultramel vla
  • 1 blik vrugtekonfyt, gemeng
  • rooi en groen kersies, gehalveer
  • 1 houer Orley Whip, styfgeklop
  • 1 groot Peppermint Crisp

Pak die gesnyde Swiss rol in ‘n mooi glas opdienbak. Sprinkel Sherry oor.
Skep lepels vol van die volgende oor die rolkoek: Caramel Treat, Ultramel vla, gemengde vrugtekonfyt en sprinkel halwe rooi- en groen kersies oor. Die is alles in een laag. Rasper van die Peppermint Crisp oor.
Herhaal die lae weer deur te begin met met rolkoek gevolg deur die res.
Herhaal die lae tot die bak vol is en al die bestanddele gebruik is.
Laaste, skep die styfgeklopte Orley Whip oor en versier met kersies en stukkies Peppermint Crisp.

Resep en foto: Natasha Le Roux

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page