Your Recipe Blog

JELLIEPOEDING

JELLIEPOEDING

  • 4 pakkies jellie van verskillende kleure
  • 30 ml gelatien
  • 125 ml kouewater
  • 1 blik kondensmelk
  • 375 ml kookwater

Berei die jellie in afsonderlike bakke voor soos beskryf op die pakkie en laat stol.
Sny in blokke en plaas in die yskas tot benodig.
Sprinkel die gelatien oor die kouewater en laat week tot sponsig.
Verhit tot net gesmelt moenie kook nie, paar sekondes in die mikrogolf.
Meng die kondensmelk en kookwater en meng die gelatienmengsel by.
Laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie, giet oor die jellieblokkies en verkoel tot gestol.
Versier met room indien verkies.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page