JELLIE WIELETJIES
Ek het hierdie wieletjies gemaak vir ‘n kinderpartytjie vandag.
- 85 g jellie (enige geur)
- 85 g malvalekkers
- ½ koppie kookwater
Los jellie in kookwater op, snipper malvalekkers by jellie in en plaas in mikrogolf vir so 35 sekondes totdat lekkers gesmelt is. Klits baie goed.
Gooi in ‘n pan wat gespuit is en plaas in yskas tot heeltemal gestol.
Lig by hoeke op en rol op. Sny in wieletjies.
Foto – Ronel Muller Thoma
2 DE RESEP (groter hoeveelheid)
- 2 pakkies jellie
- 150 g malvalekkers
- 250 ml kookwater
Los 2 pakkies jellie op in kookwater. Sny malvalekkers stukkies daarin, plaas in mikrogolf vir 30 sekondes, haal uit en klits goed, plaas terug vir nog 30 sekondes, tot al die malvalekkers gesmelt het.
Gooi in vlak pannetjie wat liggies bespuit is met nie-kleefmiddel.
Plaas in yskas om te stol, ongeveer 2 ure. Rol op in breedte om wielietjies te vorm, sny met gare die wieletjies en plaas plat neer op bord.
Baie soet.
PS: Ek het by die een klomp 10 ml voedselkleursel bygevoeg, toe kom die kleur donkerder. Die tandestokkies is net in om te help om te stol, haal uit voor opdien.
Hou so lank as moontlik in yskas.
Resep en foto: Ina Van Heerden Jones (Foto: groen wiele)