JELLIE VERSIERSEL SOOS MALVALEKKERS
- 1 pakkie jellie, geur van eie keuse
- ⅔ koppie suiker
- 1 eierwit
- ½ koppie kookwater
Plaas die jellie en suiker in ‘n mengbak en roer deur.
Voeg die eierwit by die jelliemengsel en meng.
Voeg die kookwater stadig by die jelliemengsel en klits met ‘n elektriese klitser op medium spoed, totdat al die water bygevoeg.
Klits saam totdat die versiersel so dik soos “marshmallow” is, ongeveer 5 – 7 minute.
Versier ‘n koek of kolwyntjies soos verlang.
Nota:
Carol Claassen – Kan enige kleursel van jou keuse byvoeg. Moenie laat afkoel nie, meng alles net so warm saam.
Alida Boshoff – Dis vreeslik maklik om mee te werk. Kom uit amper soos “marshmallow fluff’.
Using a raw eggwhite may give people pause, but don’t worry, as long as you follow the directions, any bacteria in the eggwhite will be killed by the prolonged exposure to the boiling water.
Resep en foto: Carol Claassen