JELLIE LEKKERS
- 1 pakkie jellie van jou keuse
- 2 pakkies gelatien (2 x 10 g = 20 g)
- ½ koppie koue water
- 1 koppie suiker
- ½ koppie kookwater
- suiker om in te rol
Voeg die koue water by die gelatien en laat staan dit vir vyf minute totdat dit sponserig is.
Voeg die suiker by die kookwater in ‘n pot op lae hitte en roer tot die suiker gesmelt het.
Voeg die jellie by en roer.
Voeg dit nou by die gelatienmengsel en roer
Versprei die mengsel op ‘n gesmeerde bakplaat en sit dit in die yskas tot dit gestol is.
Sny dit in blokkies en rol in die ekstra suiker.
Resep en foto: Debbie Willemse