JELLIE KOEK
Jelly cake made by my daughter. Very tasty!
- 5 verskillende soorte jellie aangmaak met net die helfte van die water.
Laat stol. Sny in blokkies en plaas in ringvorm (tupperware) wat liggies met “spray n cook” gespuit is sodat dit maklik kan uitkom.
- Los 24 g gelatine op in 250ml lou warm water.
- In ‘n menger klits die volgende:
- 300 ml kondensmelk
- 300 ml dubbel room
- 15 ml vanilla
Meng die water en gelatine by.
Giet die room mengel oor die jellie blokkies en laat stol.
Om te bedien, keer uit op n bord .
Resep en foto: Edie Janse van Rensburg
Nota:Philnette Matthee …
Mens kan ook opgeloste gelatine met enige joghurt meng en oor jellie blokkies giet en laat stol.