Your Recipe Blog

JAUN SE VANILLA “PANNA COTTA”

JAUN SE VANILLA “PANNA COTTA”

My vanilla panna cotta met ‘n framboos balsamiese asynvermindering, geroosterde kasjoe neute, koekie smul en mini meringues… 🍽️

(Dit is alles my eie resepte so as iets nie reg klink nie dis maar net hoe ek dit doen)

  • Panna cotta:
  • 500 ml room
  • ¼ koppie suiker
  • 7 g poeier gelatien
  • 10 ml koue water
  • 1 teelepel vanilla geursel

Voeg die water in ‘n aparte bakkie en strooi die gelatin oor die water en los laat dit staan vir so 10 minute. Intussen voeg jy die room in ‘n pot saam met die suiker en geursel en verhit die mengsel tot dit begin kook.
Haal die pot van die hitte af en roer die gelatien in.
Kliks totdat die gelatien opgelos is. Plaas in enige vorms wat jy verkies en sit dit in die yskas laat dit stol vir ten minste 3 ure.

  • Framboos Balsamiese vermindering:
  • ¼ koppie Balsamiese asyn
  • ¼ koppie frambose
  • ¼ koppie suiker

Voeg al die bestanddele in ‘n pot en verhit op hoog totdat dit begin kook. Stel die plaat laer en los totdat stewig raak. Los dan om af te koel.

  • Mini Meringues:
  • 2 eierwit
  • ½ koppie strooisuiker

Voorverhit jou oond na 110 ºC . Klits eierwit tot styf en voeg die strooisuiker teelepel vir teelepel by totdat al die suiker opgelos is en jy ‘n stywe, wit, glansende meringue het. Voeg in jou versier sakkie en spuit op bakpapier in ‘n pan en bak vir so 45 min.

  • Geroosterde Kasjoe neute en Koekie Smul
  • ½ koppie kasjoe neute
  • ½ Tennisbeskuitjies
  • ¼ koppie suiker
  • 2 eetlepels botter

Voeg die koekies, neute en suiker saam in ‘n voedsel verwerker en pulse tot dit redelik fyn is. Smelt die botter en voeg by die mengsel. Plaas die mengsel op bak papier in ‘n oondpan en bak teen 110 ºC totdat die krummels droog is.

Om te bedien keer die panna cotta uit op ‘n opdien bord en rangskik saam met die res van die nagereg elemente soos op die foto.  Geniet!

Resep en foto : Jaun Pienaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page