Your Recipe Blog

JAPIE SE VARKVLEISPOTJIE

JAPIE SE VARKVLEISPOTJIE

Resep en fotos: Japie Smit
Hier is my aangepaste weergawe van “Op reis met jou potjie” se varkvleis potjie sonder die kapana spice. Ek het hom heelwat aangepas. Ek het dit vandag gemaak.  Dit was uitsonderlik lekker.

  • 1 kg varkvleis van jou keuse
  • 4 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 patats, in skywe gesny, opsioneel
  • 6 klein uitjies of meer, opsioneel
  • 1 medium ui, in groot ringe gesny
  • 1 groot rooi soetrissie, pitte verwyder en in blokke gesny
  • 1 groot geel soetrissie, pitte verwyder en in blokke gesny, opsioneel
  • 2 eetlepels minestrone-soppoeier
  • 2 eetlepels kerriegroente-soppoeier
  • 3 groot tamaties, in blokkies gesny
  • 3 groot wortels, geskil en in dik ringe gesny
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 1 eetlepel six gun speserye
  • 1 teelepel rajah medium kerriepoeier
  • 1 teelepel swartpeper
  • 1 eetlepel Aromat
  • ½ teelepel fyn chillies
  • 2 groot lepels tamatiepuree
  • paprika
  • wit peper
  • Worcestersous
  • 2 teelepels suiker
  • 1 teelepel appelkooskonfyt
  • 2 teelepels blatjang
  • 150 ml kookolie
  • ongeveer 500 ml water
  • asyn
  • Maak ’n medium vuur en plaas die potjie daaroor. (Ek maak hom op die gasbottel).
  • Voeg sonneblomolie by en verhit.
  • Verbruin die varkvleis.
  • Voeg die uie by.
  • Strooi paprika bo-oor.
  • Voeg die wortels, sout, knoffel, kerriepoeier, witpeper, chilli, Worcestersous en six gun-speserye by.
  • Voeg bietjie asyn by en roer goed deur.
  • Roer en plaas deksel op.
  • Voeg die aartappels, soetrissies, aromat, swartpeper en 1 koppie water by. Ek sny gewoonlik ‘n aartappel ook baie fyn by, dit help om ‘n lekker sous te maak.
  • Roer deur, plaas deksel op en kook vir 45 minute.
  • Voeg die tamaties en  tamatiepuree by en laat vir nog 10 minute kook.
  • In ‘n aparte koppie, meng die soppoeiers met water tot glad.
  • Roer suiker, appelkooskonfyt en blatjang by.
  • Voeg dit by die potjie en roer goed.
  • Laat dit vir nog 5 tot 7 minute prut tot die sous verdik het en al die bestanddele sag is.

Bedien warm met koring, rys of gruis as bykos.

Nota:
Onthou hierdie is nie “Potjiekos” nie! Jy kan jou pot maar na hartelus roer! Dit is nie ‘n sonde nie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page