Your Recipe Blog

JAPIE SE KAMPIOEN BOONTJIESOP

Recipe by
Cook: 6 uur 15 minute

JAPIE SE KAMPIOEN BOONTJIESOP

Resep en foto: Japie Smit
“Ek is mal oor boontjiesop. My vrou eet dit nie en weier om te maak. Altyd my suster Letta s’n geniet. Toe besluit ek om self te maak. Het ‘n paar resepte gekyk en my eie gemaak. `n Treffer! Baie substansie want ek hou van ‘n lekker dik sop met ‘n bietjie byt.”

  • 1 kg spikkelboontjies
  • 200 g spekstukkies
  • 250 – 300 g potjiekos varkvleis, in stukkies gesny
  • 2 uie, geskil en gekerf
  • ½ koppie seldery, gekap
  • 4 lourierblare
  • 2 eetlepels knoffel, gekap
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 2 eetlepels italiaanse kruie
  • 1 eetlepel swartpeper
  • 2 aartappels, geskil en gerasper
  • 3 wortels, geskil en gerasper
  • 4 hoenderekstrakblokkies, gekrummel
  • 4 eetlepels worcestershiresous
  • 2 eetlepels sout
  • 5 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 blikkie sousboontjies
  • Opsioneël: bietjie six gun speserye en gewone witpeper
  • Week spikkelboontjies oornag in kouewater of as ‘n kortpad vir ten minste twee ure in warm water.
  • Braai uie, seldery, spek, lourierblare en die knoffel saam.
  • Voeg varkvleis, rissievlokkies, italiaanse kruiebs, ½ teelepel sout en swartpeper, by en verbruin.
  • Voeg die wortels en aartappels by en braai verder.
  • Voeg boontjies by.
  • Bedek alles met water en strooi die vier ekstrakblokkies bo-oor.
  • Kook vir sowat ses ure lekker stadig.
  • Roer deurentyd en voeg water by soos nodig.
  • Wanneer goed gaar, druk die boontjies fyn met ‘n aartappeldrukker (moet nie versap nie!).
  • Voeg nou die suiker, worcestershiresous, appelkooskonfyt en nog so 1½ teelepes sout by, asook blikkie sousboontjes.
  • Laat prut vir nog ‘n kwartier.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page