Your Recipe Blog

JAPIE SE GUNSTELING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

JAPIE SE GUNSTELING

  • 2 eiers, geskei
  • 500 ml suiker
  • 60 ml koekmeel
  • 500 ml melk
  • 180 ml lemoensap
  • 15 ml suurlemoensap
  • gerasperde skil van ‘n lemoen
  • 25 ml gesmelte botter

Klop die geel van die eiers en klits die suiker by. Meng die melk en meel om die beurt by.
Voeg nou die lemoensap, suurlemoensap, skil en botter by.
Klits die eierwit styf en vou by die mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n oondbak en plaas die bak in ‘n pan warm water, dat die water half pad teen die oondbak opkom.
Bak in ‘n 180ºC oond vir 45 minute.

Foto en nota: Gideon Louw

Ek wil darem net vir julle sê ek ken nou nie vir Japie nie; my pa was ook Japie, maar sy lemoen suurlemoen poeding is die lekkerste wat ek nóg geëet het. Dankie Japie vir jou resep dis djeeeerlik!
Die verskil tussen my en Japie se resep is dat ek dit nie in ‘n bak met water gesit het nie, maar in my swartpot oppie kole, met kole op die deksel ook gedoen het en ek dink dit makit nóg lekkerder. Ons het dit saam met ‘n skeppie roomys geniet.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page