Your Recipe Blog

JAPANESE “TIRAMISU SOUFFLE” PANNEKOEK

JAPANESE “TIRAMISU SOUFFLE” PANNEKOEK

My weergawe van ‘n “Japanese Tiramisu Soufflé Pancake”

  • 6 eetlepels koekmeel
  • 2 ½ eetlepels melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel vanilla ekstrak
  • ½ eetlepel mayonnaise
  • 3 eetlepels wit suiker
  • 2 groot eiers, geskei (wit van eier verkoel in yskas)
  • 1 teelepel suurlemoen sap

In ‘n bak, meng melk, bakpoeier, suurlemoen, vanilla, mayonnaise en eiergele.
Sif koekmeel oor en meng met eier klitser tot goed gemeng en ligte geel kleur.
In aparte bak, meng eierwitte tot amper styf, gooi 1/3 van die suiker by en meng verder, herhaal totdat al die suiker in eierwitte is en meng goed totdat eierwitte styf is en nie van klitser afval nie.

Nota:
Jy behoort op die stadium die bak om te draai en eierwit sal nie uitval nie.

Gebruik ‘n spatula en meng 1/3 van eierwit op ‘n slag in die eiergele, mengsel in totdat al die eierwitte gemeng is. Vou versigtig in om nie al die lugborrels te verloor nie en meng goed, daar moet geen wit stroke sigbaar wees nie.

Verhit ‘n “non stick” pan of lig gesmeerde pan met olie op lae hitte.
Gebruik ‘n lepel en plaas lepels vol van die mengsel in die pan, so 4 verskillend hopies, plaas weer nog ‘n lepelvol op elke hopie, en dan ‘n 3de lepelvol op elke hopie, maw sit een skepie op die ander een dat dit ‘n drie laag hopie is.
Plaas deksel op en laat bak vir so 5 – 8 minute.
Draai elke pannekoek om en bak dan vir ‘n verdere 5 minute. Die gebakte kant behoort lig gebraaide kleur te wees. Die pannekoek sal rys. Haal uit sodra gaar en volg die proses tot al die deeg op is.

Sit voor met gesprinkelde versiersuiker, heuning en kakao en plaas geklitse room of roomys oor.
Vars vrugte kan ook opgesny word en saam bedien word.
Heeeerlik!!!

Resep en foto: Walter Bender

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page