Your Recipe Blog

JANTJIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 24

JANTJIES

Ook bekend as corndogs, sputnicks of worsie op ‘n stokkie.

  • 4 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 125 ml suiker
  • 3 eiers
  • 4 eetlepels kookolie
  • 1½ koppie melk
  • 2 koppies water
  • 1½ teelepel sout
  • 24 vienna worsies
  • 24 sosatiestokkies

Sif meel, bakpoeier en suiker saam.
Klits eiers, olie, water, melk en sout saam.
Meng alles saam.
Spoel die worsies af en maak hulle baie goed droog, anders sal die deeg nie klou nie.
Druk ‘n sosatiestokkie in die lengte deur elke worsie.
Giet ‘n lekker groot diep glas of beker vol deeg om die doop van die worsies te vergemaklik.
Maak die olie warm in ‘n kastrol vir diep braai.
Doop die worsie in die deeg en plaas direk in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie dan is jou deeg te donker.
Bak tot gaar en bruin. Haal uit en pak op kombuispapier om die ekstra olie te dreineer.
Bedien die Jantjies saam soetrissiesous of doopsous van jou keuse.
Heerlik en maklik en altyd wenner.

Nota:
Ek druk myne net so in deeg sonder afspoel. Ek weet party resepte sê druk eers in meel dan deeg, dit doen ek ook nie. Geheim is deeg moenie te dun wees, soos resep hier is, werk dit lekker.

Resep en foto: Aletta van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5