Your Recipe Blog

JANE SE WRAPS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 16 wraps

JANE SE WRAPS

Ons eet wraps vanaand wat ek self die deeg van gemaak het. Moet net werk aan die vorm.

  • 4 koppies koekmeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
  • 1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)

Meng al die bestanddele baie goed. Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan. Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan. Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant. Moet dit nie opstapel nie.
Vul dit met heerlike vulsels.

Jy kan dit vries vir tot 3 maande. Jy sal 16 wraps hieruit kry.

Resep en foto:  Jane Lerm

Raad om vorm te behou:
Elize de Kock:
Jane dit lyk heerlik. Het dieselfde vir aandete gehad. Laat jou deeg ten minste 20 min rus na jy dit geknie het. Dit sal dan die vorm behou en nie trek nie. Geniet.
Alicia Perils:
Looks good and enough bubbles 👌 Tip for shape, roll once then turn it 45 degrees, roll and turn it 45 degrees till you have your desired thickness.
Adele Horn:
Om hulle mooi rond en plat te kry wrap 2 sny planke met cling wrap, plaas deegbal tussen in en druk planke op mekaar, ek gooi sommer my hele bolyf se gewig daaragter en viola ronde wraps of taco’s.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page