Your Recipe Blog

JANE SE ASYNPOEDING

JANE SE ASYNPOEDING

  • Beslag:
  • 60 g botter of margarien
  • 125 ml suiker
  • 1 ekstra-groot eier
  • 15 ml gladde appelkooskonfyt
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml (knippie) sout
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml melk
  • 30 ml asyn
  • Stroop
  • 80 ml suiker
  • 80 ml melk
  • 60 ml kookwater
  • 45 ml botter of margarien
  • 5 ml vanieljegeursel

Klits botter en suiker saam. Voeg eier by en klits tot lig en romerig. Voeg die konfyt by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Meng die koeksoda met melk en voeg by asyn. Meng in by die suikermengsel.
Giet in ’n gesmeerde oondvaste bak en bak vir sowat 30 minute in ’n voorverhitte oond by 180°C.

STROOP:
Kook al die bestanddele saam behalwe die geursel.
Verwyder van hitte, voeg geursel by en giet oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Sit voor met vla of geklopte vars room

Resep en Foto: Jane Lerm

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page