Your Recipe Blog

JAN SMUTS KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 36 koekies

JAN SMUTS KOEKIES

Heerlike resep, die soetkors deeg is baie lekker en ek sal dit ook vir ander tertjies gebruik.  Ek het die resep so bietjie aangepas, want die bo-laag is te min vir die deeg.

  • Soetkors:
  • 4 koppies koekmeel
  • 250 g sagte margarien
  • 1 koppie suiker
  • 3 teelepel gelyk bakpoeier
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 2 eiers
  • 1 teelepel sout

Room suiker, botter en eiers. Meng droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel in en plaas in ‘n plastieksak om klam te bly.

  • Vulsel: Maak een en ‘n half keer of dubbel aan
  • 125 g margarien
  • 125 g suiker
  • 2 groot eiers, geklits
  • 225 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • appelkooskonfyt

Verroom die margarien en die suiker goed saam. Voeg die eiers en vanilla by en meng. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng dit met die eiermengsel. Hou eenkant.

Rol deeg uit en druk af in sirkels. Plaas dit in kolwyntjiepanne wat vooraf gesmeer is.
Sit omtrent 5 ml appelkooskonfyt in elke bakkie in die pannetjie.
Skep bo-oor van die vulsel en bedek die konfyt heeltemal anders kook die konfyt uit.
Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 ºC vir 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Haal uit en sit op ‘n rakkie om af te koel.

Foto en resep aanpassings:  Rina Kleinhans

Nota: Alda Cilliers
Ek het al hierdie resep gemaak en dan amandelstukkies met die konfyt gemeng en in plaas van vanilla geursel in die boonste lagie, ‘n druppeltjie amandel geursel gesit, Dit is baie lekker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page