JAN SE WARMSLAAI
- 400 g “rump steak”
- 30 ml olie, vir braai van vleis
- 2 eetlepels Plankie knoffelsous
- 1 ½ ui, in fyn repies gesny
- 30 ml olie, vir braai van ui
- 1 koppie warm water
- 1 eetlepel Mrs Balls blatjang
- ½ teelepel Robertson “vegetable spice”
- Slaai:
- 10 cm komkommer, klein blokkies gekap
- 1 medium tamatie, klein blokkies gekap
- 4 takkies vars pietersielie, grof gekap
- ½ koppie broccoli, kerf die boompies kleiner as bytgrootte
- ½ koppie blomkool, kerf die boompies kleiner as bytgrootte
- 6 sampioene, fyn gekerf
- Slaaisous:
- 75 ml Plankie knoffelsous
- 2 eetlepels mayonnaise
- ½ teelepel Robertsons “vegetable spice”
- sout en swartpeper na smaak
Braai vleis tot “rare”, laat afkoel en sny dan in papierdun repies. Braai repies vleis in baie warm pan in olie en knoffelsous totdat dit begin karameliseer. Verwyder uit pan.
Braai die ui in die olie in dieselfde pan waarin die vleis gebraai is, voeg warmwater, blatjang en speserye by. Kook tot water stroperig raak en soos tameletjie word. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Berei slaaisous, kombineer alles en druip die slaaisous oor.
Nota:
My gesin nie so lief vir erg knoffel nie, maar so 2 knoffelhuisies liggies gekap en gebraai is heerlik daarby.
Resep en foto: Jan Botha