JAN SE VETKOEK
- 4 x 250 ml koekmeel
- 10 ml sout
- 10 ml suiker
- 1 pakkie (10 g) kitsgis
- 65 ml botter
- 650 ml louwarm water (ek het net 400 ml gebruik)
- olie vir bak
Meng die koekmeel, sout, suiker en kitsgis.
Vryf die botter met die vingers in.
Voeg die water bietjiesgewys by en meng met die meelmengsel om ‘n deeg te vorm. Knie goed.
Bedek en laat 30 min rys.
Knie af, vorm vetkoeke met die hand of rol die deeg uit en sny vetkoeke uit.
Plaas op oppervlak wat met olie gesmeer is.
Bedek en laat weer 30 min rys.
Bak in warm olie tot mooi bruin en gaar, olie moenie te warm wees dat die vetkoeke te vinnig verkleur nie.
Foto: Benhet Nieuwenhus