Your Recipe Blog

JAN SE TIRAMISU

Avatar photo
Recipe by
Oornag

JAN SE TIRAMISU

Indien julle dit egter wil plaas – hier is dit. Soos ek egter reeds gesê het is dit ‘n aanpassing op oorspronklike resep – Tiramisu.

  • 500 ml dubbel room of “whipping cream”
  • 250 g (1 houertjie) Mascarpone
  • 75 ml soetwyn (Muscadel/Jeripiko/ Hanepoot)
  • 7 teelepels strooisuiker
  • 300 ml sterk koffie – 250 kookwater met 2 teelepels goeie kwaliteit koffiepoeier (Jacobs/Douw Egbert esv.) in, plus 75 ml Cape velvet/ Kahlua/ Amarula Cream
  • 1 pakkie Boudoir beskuitjies/ Lady Fingers
  • 2 teelepels kakaopoeier
  • 1 x 150 g donker sjokolade

Meng die dubbel room/whipping cream, mascarpone, stooisuiker en soetwyn. Klits baie goed totdat alles goed gemeng het en die mengsel styf is.
Maak die koffie en meng met die die Cape Velvet/Kahlua – laat bietjie afkoel.
Skink die koffie in ‘n plat bakkie (lank genoeg vir die Boudoir beskuitjies) en doop (nie lank nie – vinnig doop) die beskuitjies tot dit lig deurdrenk maar nie pap is nie en pak die helfte van die pak in jou tert bak (spuit maar die tertbak goed met Spray and Cook).
Smeer helfte van die roommengsel oor die eerste laag beskuitjies en pak dan die laaste laag beskuitjies. Smeer die 2de helfte roommengsel oor die beskuitjies.
Sprinkel die kakao poeier oor.
Rasper die donker sjokolade en strooi lekker dik oor.
Plaas die tert oornag in die yskas sodat dit lekker set kan stol.
Geniet!

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page