JAN SE SEEKOS SMUL GEREG
Is by my ‘n wenner!!!
- Indien mens een pak seekos gebruik, gebruik die kleiner hoeveelheid van die resep.
- 1 of 2 pakke gemengde seekos (500 g)
- 300 – 500 g spekstukkies (Bacon bits)
- 250 ml room
- 125 – 250 ml witwyn (semisoet – blanc)
- 1 groot ui, gekap
- 300 g inkviskoppe (squid heads)
- botter, vir braai van die uie
- gaar pasta van jou keuse, om mee te bedien
Braai die spek en gekapte ui in ‘n diep pan met bietjie botter.
Sodra die spek gaar is, voeg die seekos (verkieslik nie kreefstokkies nie, want dit val vinnig uitmekaar) en die “squid heads” saam met die witwyn in die pan – deksel op.
Sodra die seekos na 3 – 5 minte ge”kook” het, (bykans gaar) giet ¾ van die vloeistof af (ek gooi alles af) en voeg die room by.
Haal die deksel af en laat simmer tot dit effe begin verdik en die seekos gaar is (dis vinnig).
Bedien op pasta (skroefies /gekleur of na smaak).
Nota:
Geen speserye by nie, die spek en witwyn doen die ding.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen