JAN SE GESTOLDE TUNAGEREG
- 425 g geblikte tuna, in soutwater gedreineer
- 250 g roomkaas
- 200 ml Ina Paarman Hoender aftreksel
- 10 g pietersielie
- 30 g grasuie
- 35 g sitroengras (lemongrass)
- 1 medium gekapte pers ui
- sout en peper, na smaak
- 2 g Agar Agar poeier
- 210 ml koue water
Meng al die bestanddele (buiten die agar agar – dit kom later by) saam in ‘n menger.
Meng goed, plaas die mengsel vir 2 minute in die mikrogolf.
Spuit vorm (ek het nie ‘n vis vorm nie) met Spray and Cook.
Voeg die agar agar by die koue water en los vir 1 tot 2 minute in die water en roer totdat dit opgelos het. Verhit die agar agar tot kookpunt en laat prut vir 4 minute.
Neem die warm tunamengsel en voeg die agar agar by, meng weer goed in die menger, giet in die vorm en plaas in die yskas vir 3 tot 5 ure.
Bedien met slaai, broodjies, soutkoekies, ensovoorts.
Mooi versierings en bykosse sal ekstra kleur en geur gee. Heerlik !!!
Resep en foto: Jan Salti Viljoen