JAN ELLIS POEDING
- Beslag:
- 5 ml koeksoda
- 1/2 koppie melk
- 1 1/2 koppies bruismeel, gesif
- 1/2 koppie suiker
- 4 teelepels sagte botter
- 4 eetlepels appelkooskonfyt
- 3 eiers
- Sous:
- 1 koppie kookwater
- 1 koppie room
- 60 ml koppie botter
- 1 koppie suiker
- 5 ml vanilla
Los koeksoda in melk op en sit eenkant.
Meng suiker en botter tot romerig, voeg die eiers 1 vir een by en meng na elke byvoeging.
Voeg melkmengsel en konfyt by en meng goed.
Sit gesifte meel by en meng goed.
Skep beslag in gesmeerde oond bak en bak vir ongeveer 30 minute op 180 ºC.
Sous:
Verhit alle bestanddele saam.
Maak seker suiker is opgelos.
Giet sous oor warm poeding sodra dit uit die oond kom
Skakel oond af en sit doe poeding terug in warm oond tot sous lekker ingetrek het.
Resep aanpassing en foto: Meisie van der Colff
OP HOEVEEL GRADE MOET DIT GEBAK WORD?? Ek weet dit is ‘n lekker resep, maar post asb. volledig.
More Hanlie
Weet jy ek help regtig met liefde en graagte, maar as ek sulke sarkatiese boodskappe kry wat in hoofletters getik is, maw jy skreeu vir my, dan wonder ek party keer… mense kry die inligting verniet, en nog is dit hulle houding.
Hanlie, dit is algemene kennis dat omtrent alles op 180ºC gebak word tensy die resep anders meld, nou in hierdie poeding se geval is dit dieselfde. Dankie dat jy dit uitgewys het, ek het dit nou in die resep reg gestel.
Mooi dag vir jou en lekker bak.
Heerlik verby! Baie dankie Rina Groetnis uit Kanada
Hallo Meisie, ek is nie ‘n bobaas bakster nie en wonder altyd as ek ‘n resep wil meer maak, hoeveel is dan nodig.
Ek wil vir omtrent 18 mense maak. Moet ek dubbel maak of drie-dubbel??
Dankie en ‘n geseende dag.
Hi Annelize, ongelukkig sal Meisie nie jou vraag hier sien nie, ek sal by haar uitvind en na jou toe terug kom, as jy vrae van die aard het, moet jy maar altyd op die fb groep Food Lovers Recipes vra, dan sien ons dit dadelik. Ek glo dit hang af van jou porsie grootte, maar gewoontlik kan mens darem seker so 10 skep uit ‘n groot pyrex. Dit is nooit ‘n goeie idee om ‘n resep te verdubbel of 3 x te maak nie, die verhouding van jou bestanddele raak heel deurmekaar en die kanse vir ‘n flop is goed. Bak eerder 2 of 3 aparte poedings dan weet jy hulle is perfek. Die poeding vries ook baie goed, sou jy te veel he, maar dit is so heerlik daar gaan mense 2 keer skep.
Groetnis
Rina
Dankie Rina, ek sal so maak.
Lekker aand
Annelize
Annelize ek het met Meisie bevestig, jy sal regkom met die resep verdubbel, maar soos ek voorgestel het, maak eerder 2 poedings dan weet jy jy is op die regte pad.
Lekker bak…