Your Recipe Blog

JALAPEÑO POPPERS MET SOETVULSEL

Recipe by
Cook: 15 minute

JALAPEÑO POPPERS MET SOETVULSEL

Die hoeveelheid bestanddele kan gebruik word na eie smaak en keuse.

  • roomkaas
  • kondensmelk
  • sout en peper
  • paprika
  • fyn knoffel
  • vars pietersielie, opgekap
  • Jalapeño rissies
  • repies spek

Meng die roomkaas met kondensmelk (nie te veel nie, net tot soet genoeg na eie smaak), sout, peper, paprika, knoffel en vars pietersielie vir die vulsel van die rissies (Dit moet redelik dik wees, nie lopering nie).
Sny die Jalapeños oop, verwyder die pitte en skep die vulsel in die Jalapeños.
Draai die gevulde Jalapeños toe met die spek repies en steek die spek vas met ‘n tandestokkie.
Plaas die Jalapeño poppers op ‘n bakplaat en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 200ºC vir 15 minute of by 180ºC vir 7 minute in die lugbraaier.

Nota:
Indien daar roomkaas oorbly. Meng ‘n bietjie roomkaas met melk, avokado en speserye van jou keuse en gebruik saam met vars suurlemoen as ‘n doopsous by die Jalapeño poppers.

Resep en foto: Simonè Roets

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5