JALAPEÑO JELLIE
Lekker brand smaak, heerlik saam met roomkaas en beskuitjies.
- 1 rooi soetrissie
- 1 groen soetrissie
- 10 Jalapeño’s (ek het rooi gebruik)
- 6 koppies suiker
- 1 ½ koppie witasyn
- sout na smaak
- 1 pakkie pynappel jellie
Sny die Jalapeño’s en soetrissies oop en verwyder die sade. (onthou handskoene)
Plaas die soetrissies met die Jalapeño’s in ‘n voedselverwerker en kap die rissies tot fyn.
Plaas die fyn rissies in ‘n kastrol saam met die suiker en asyn en verhit stadig totdat die suiker opgelos is.
Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 10 minute.
Voeg die jellie by die mengsel in die pot en kook vir nog ‘n minuut.
Skep die warm Jalapeño jellie in gesteriliseerde bottels en seël goed.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk