JAFFELS MET MAALVLEIS EN EIER
Vir die eerste keer in my lewe jaffels gemaak by die werk. Dit was ‘n treffer!
Die hoeveelheid kaas, gebakte eier en brood is volgens die hoeveelheid jaffels wat gemaak kan word met die vulsel.
- 500 g maalvleis
- 200 g sampioene, in skywe gesny
- 1 ui, opgekap
- 3 knoffel toontjies, fyngemaak
- 3 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel suiker
- sout en peper na smaak
- 2 eetlepels Garam masala
- olie vir braai
- snytjies kaas
- gebakte eiers
- snye brood
- botter of margarien vir smeer
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan op die stoof, voeg die ui en knoffel in die pan en braai totdat die uie deurskynend is, voeg die maalvleis en sampioene by die uie en knoffel in die pan en braai tot gaar.
Voeg die blatjang, suiker, sout en peper en masala by die vleismengsel en prut totdat al die geure lekker gemeng is.
Plaas die vleisvulsel op ‘n snytjies brood, gevolg deur ‘n sny kaas en ‘n gebakte eier bo-op die kaas en ‘n 2 de sny brood bo-op die gebakte eier.
Herhaal en maak die hoeveelheid broodjies totdat die vulsel opgebruik is.
Smeer margarien of botter aan die buitekante van die toebroodjies.
Plaas die gevulde toebroodjie in die jaffelpan en braai die broodjie in die jaffelpannetjie oor ‘n gasvlam tot goudbruin en deurwarm.
Dit het perfek uitgekom!
Resep en foto: Claudia Bellink