Your Recipe Blog

JACQUES SE GUNSTELING SPAANSE STYL BISTRO BIEFSTUK

JACQUES SE GUNSTELING SPAANSE STYL BISTRO BIEFSTUK

(vir ‘n Suid Afrikaanse braai) Hierdie is DJEEERLIK !!!!

  • 4  groot vars knoffelhuisies of knoffelhuisies, in olyfolie preserveer
  • 1 klein blikkie ansjovisfilette (lyk soos ‘n baie klein sardiensblikkie) of helfte van 80 g (netto gewig) glaspotjie ansjovies
  • 250 g botter

Die hoeveelhede bo is genoeg vir 5 – 6 groot ribeye biefstukke of vir ‘n 2 – 2.2 kg bees fillet, ge-butterfly in 1″ dik porsies.

Maal die knoffel letterlik tot ‘n pulp in ‘n graniet tipe vysel. Die idee is om die veselagtigheid van die knoffelhuise heeltemal af te breek tot ‘n pulp.
Voeg daarna die ansjovisfilette by en maal dit saam met die knoffel tot ‘n pulp.
Meng daarna die sagte botter in tot ‘n uniforme mengsel.
Weens die gebruik van die ansjovis en gesoute botter is dit nie nodig om die biefstukke te sout of te spesery nie.
Berei BAIE warm kole voor.
Vir die braai van biefstuk is dit van kritieke belang om die beste moontlike gehalte biefstuk te bekom, veral as die voorkeur is om dit “rare” tot “medium-tot-rare” verkies word.
Vir “medium-tot-rare” braai die biefstukke vir maksimum 2 – 2.5 minute per kant.
Nadat dit eenkant gebraai het, draai die biefstukke eenmaal om en braai die biefstukke op die anderkant.
Hou eetborde, twee braaitange, vysel met bottermengsel en lepel gereed direk by die braai.
Wanneer die biefstukke die gekose tyd gebraai het, skep ‘n ruim hoeveelheid van die bottersous op biefstuk en smeer met die skeplepel oor. Nie te naby aan die kante nie aangesien die hitte van die biefstuk dit gaan smelt en dit na die kante sal begin afloop. Verwyder die biefstuk met twee braaitange vanaf die rooster tot in die bord. Die gebruik van twee braaitange is om te verseker dat soveel as moontlik van die bottersous op die biefstuk bly tot in die bord. Herhaal proses vir al die biefstukke.
Die botter kan maar binne die eetborde afloop tot rondom die biefstuk.
Geniet saam met gunsteling bykosse.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page