JACQUELINE SE LEMMETJIEPIEKEL
- 8 lemmetjies
- 1 eetlepel sout
- 2 eetlepels olie
- 2 cm vars gemmer, geskil en baie fyn gesny of gerasper
- 3 knoffel huisies, baie fyn gesny of fyngemaak
- 2 teelepels mosterdsaadjies
- 2 teelepels komynpoeier
- 2 teelepels koljanderpoeier
- halwe teelepel rissiepoeier (ek het ‘n teelepel ingesit)
- bietjie borrie vir kleur (so halwe teelepel)
- ½ koppie water
- ¾ koppie bruinsuiker
- 2 eetlepels witasyn
Sny elke lemmetjie in 8 skyfies. Sit die lemmetjies in ‘n bak en sprinkel sout oor.
Sit deksel op en laat staan vir 2 dae. Roer dit deur 2 keer n dag.
Plaas olie in ‘n pot, sodra die olie warm is, sit die mosterdsaadjies in en braai totdat dit pop.
Sit die komyn, koljander, rissiepoeier en borrie in en roer deur.
Sit die knoffel en gemmer in. Roer deur vir so minuut.
Sit die lemmetjies in en roer deur.
Giet die water, wit asyn en suiker by, verlaag die hitte en kook vir 15 minute.
Skep in flesse en los die piekels vir ‘n week sodat die geure lekker kan ontwikkel.
Resep geplaas deur Jacqueline Butt Bierman
Foto: Jacqueline Butt Bierman